walvisnota

‘n  woordeboek is soos ’n walvislied

daar skuil korale in die klank van troglodiet

dis mistiek soos wilde oesters wat juwele bied

geheim soos grotte op die meerminweë

’n woordeboek is soos ’n walvislied

blou stemme vloei uit ’n waterstalagtiet

luister hoe fluister rotse by die see

daar skuil korale in die klank van troglodiet

in die geborgenheid wat sirkels bied

waar wit slangsterre sandbodems vee

is ’n woordeboek soos ’n walvislied

daar skuil korale in die klank van troglodiet

deel wolke en die wintermaan jou mee

’n woordeboek is soos ’n walvislied

Vox_Novus_&_Franco_Prinsloo_-_Walvisnota https://www.facebook.com/voxnovusensamble/